Sport

Waar geesdrif en spanwerk saam oorwin.

By Primêre Skool Parys speel sport ‘n sentrale rol in die ontwikkeling van ons leerders. Ons glo dat sport nie net bydra tot fisiese gesondheid nie, maar ook help om selfvertroue, dissipline, en spanwerk te bevorder.

Leerders kry die geleentheid om hul talente en vaardighede op verskeie sportgebiede te ontwikkel. Ons fokus sterk daarop om vanaf ‘n jong ouderdom ‘n liefde vir sport te kweek, wat lei tot deurlopende groei en sukses in latere jare.

Primêre Skool Parys moedig leerders aan om deel te neem aan soveel sportgeleenthede as moontlik. Dit help hulle om gebalanseerde individue te word met ‘n wye perspektief op die lewe.

Ons skep volop geleenthede vir sport-deelname, waar leerders die vreugde van sport kan beleef en hul volle potensiaal kan uitleef in die sportsoort van hul keuse.

SPORT

MINI-SPORT