Visie
’n Dinamiese, waardegedrewe skool wat streef na uitnemendheid op alle terreine deur met liefdevolle leiding die optimale ontwikkeling van elke leerder te verwesenlik.
Missie
Die daarstelling van kwaliteit-onderrig in ‘n kultureel-diverse gemeenskap d.m.v.:
– Verskaffing van ‘n verskeidenheid kurrikulêre en buite-kurrikulêre aktiwiteite.
– Aanwending van tegnologie in die klaskamer.
– Die bou van vennootskappe tussen ouers, onderwysers en leerders.
– Die skep van ‘n veilige, geborge omgewing.
– Holistiese opvoeding.
SKOOLLIED
Ons lied sal by die blink blink stroom ontwaak soos uit ‘n sluimerdroom en uit jong harte uitgedra na toegewyde stemme vra, ons lied sal soos die dagbreek bly vir hoër taak ons voorberei.
Refrein: Kom seuns en dogters saamgesnoer in een verbond vir vaderland, bring saam met toegewyde hart die duurste duurste offerand.
Ons lied sal by die blink blink stroom ontwaak soos uit ‘n sluimerdroom en uit jong harte voortgedra na toegewyde stemme vra en waar die vaal sy kronkels wys, sal klinked hoog ons lied verrys.
SKOOLDRAG
Skooldrag Voorskrifte:
Meisies:
Blou skoolrok, wit kortmou kraaghemp, wit kort skoolkouse, swart skoolskoene.
Seuns:
Grys kortbroek, blou kortmou kraaghemp, grys skoolkouse, swart skoolskoene.
LO Drag:
Skool sporthemp en blou kortbroek op die gegewe LO-dae.
Juwele:
Toegestaan: Horlosies, een paar goue of silwer oorringetjies of klein knoppies. Slegs die skoolknopie is aanvaarbaar.
Tasse:
Omdat u kind steeds groei, word sterk aanbeveel dat Caddi-tasse nie aangekoop word nie. Kies ‘n tas volgens u kind se behoeftes.
Verskaffers:
Verons | 97 Breëstraat | 071 145 5481
Laai volledige gids af vir meer inligting en illustrasies.
SKOOLGELDE
GRAAD 1 – 7:
R 11 275 PER LEERDER VIR 2024
(betaalbaar in 11 gelyke paaiemente van R1025)
BETALINGSDATUMS:
EENMALIG: VOLLE VEREFFENING VOOR OF OP 7de MAART van elke jaar
(5% korting van toepassing)
MAANDELIKS: 11 GELYKE PAAIEMENTE VOOR OF OP DIE SEWENDE VAN ELKE MAAND
MET DIE EERSTE BETALING VOOR OF OP 7 JANUARIE 2024.
EN DIE LAASTE BETALING 7 NOVEMBER 2024.
Vir meer inligting kontak die kantoor
DEBIETORDER
Kontak die kantoor by vir ‘n debietordervorm.
KONTANT
Betaalbaar by die finansieskantoor.
Weens veiligheidsredes word hierdie metode ontmoedig.
KAARTFASILITEIT
Betaalbaar by die finansieskantoor.
Slegs VISA en MASTER kaarte word aanvaar.
ELEKTRONIES
Rekening Nommer: 1130370000
U verwyssing: Die oudste kind in die skool se volle naam en van
AANSOEK OM VRYSTELLING VAN SKOOLGELD:
In terme van wetgewing en regulasie kan ‘n ouer aansoek doen om volle of gedeeltelike vrystelling van skoolgeld, indien u nie in staat is om skoolgeld te betaal nie.
Die formulering vir die kwytskelding word bepaal deur regulasie, soos deur wetgewing voorgeskryf, en word nie deur die beheerliggaam bepaal nie.
Indien ouers aansoek om skoolgeldvrystelling wil doen, sal die nodige aansoekvorms vanaf 24 Januarie 2025 by die finansieskantoor beskikbaar wees.
Dit kan by Mev.Henriette Erasmus afgehaal word waarna dit deur die tesourier verder hanteer sal word.