Graad R

By Primêre Skool Parys se Graad R-klas leer ons deur te speel. Ons gebruik speletjies en aktiwiteite om belangrike lees- en wiskundige vaardighede aan te leer. Deur beweging en spel ontwikkel kinders die nodige vaardighede wat hulle voorberei vir hul toekomstige skoolloopbaan.

Ons Graad R-klasse het ‘n toegewyde assistent-onderwyseres, wat verseker dat elke kind die aandag en ondersteuning kry wat hulle nodig het om te groei en te leer.

KLEREDRAG Leerders kom met gewone speelklere skool toe. 

VERVERSINGS EN SNOEPIE Ons moedig ‘n gesonde en voedsame kosblik aan wat onderander kan insluit ‘n toebroodjie, vrug, proteïn en koedrank/sap/water. Probeer asb. lekkernye, skyfies, gaskoeldrank of Energade gedurende die week sover moontlik vermy.  Snoepie is beskikbaar.

ASSESSERING EN HUISWERK Assessering vind deurlopend plaas. Gr R maats kry geen huiswerk nie.

INLIGTINGSAAND EN OUERAANDE ‘n Inligtingsaand vind die eerste week van die skooljaar in die leerder se klas plaas. Ouers ontvang ‘n uitnodiging. Oueraande vind kwartaalliks plaas. Individuele ouerontmoetings word ook deur registerperoneel gereël soos nodig.

SKOOLURE: 07:30 – 12:30 By Primêre Skool Parys volg die Graad R-leerders die skoolkalender soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys. Leerders kan vanaf 07:00 by hul klaskamers afgegee word. Die skooldag begin om 07:30 en eindig om 12:30. Op die laaste dag van elke kwartaal sluit die skool vroeër, en die spesifieke tyd sal via ‘n omsendbrief gekommunikeer word.

SPORT Sport wat aangebied word:

Atletiekdag
Bulletjie-rugby
Mini-krieket
Mini-netbal
Tennis

SKOOLGELDE

GRAAD R

R 11 275 PER LEERDER VIR 2024
(betaalbaar in 11 gelyke paaiemente van R1025)

BETALINGSDATUMS:

EENMALIG: VOLLE VEREFFENING VOOR OF OP 7 MAART 2024
(5% korting van toepassing)

MAANDELIKS: 11 GELYKE PAAIEMENTE VOOR OF OP DIE SEWENDE VAN ELKE MAAND
MET DIE EERSTE BETALING VOOR OF OP 7 JANUARIE 2024.
EN DIE LAASTE BETALING 7 NOVEMBER 2024.

Vir meer inligting kontak die kantoor

DEBIETORDER

Kontak die kantoor by vir ‘n debietordervorm. 

KONTANT

Betaalbaar by die finansieskantoor.

Weens veiligheidsredes word hierdie metode ontmoedig.

KAARTFASILITEIT

Betaalbaar by die finansieskantoor.

Slegs VISA en MASTER kaarte word aanvaar.

ELEKTRONIES

ABSA Bank
Rekening Nommer: 1130370000
U verwyssing: Die oudste kind in die skool se volle naam en van

ONS GRAAD R SPAN