AKADEMIE
Waar Kennis Groei en Prestasie Floreer
By Primêre Skool Parys glo ons dat elke kind uniek en waardevol is. Reeds vanaf graad R lei ons ons leerders op om hulle volle potensiaal te bereik en eendag ‘n betekenisvolle bydrae tot die samelewing te maak.
Ons streef daarna om elke kind gelukkig en gebalanseerd te ontwikkel – met Akademie as een van ons kernpilare.
Soos Albert Einstein gesê het, “Die belangrikste ding is om nooit op te hou vrae vra nie. Nuuskierigheid het sy eie rede vir bestaan.” By Primêre Skool Parys moedig ons ons leerders aan om altyd nuuskierig te wees en aktief kennis na te jaag!
SKOOLBELEIDE
Laai die skoolbeleide
hieronder af:
SKRYFBEHOEFTES
Laai die skryfbehoeftelyste hieronder af:
KONTAK ONS
Skakel ons vir
meer inligting
GRONDSLAGFASE
By Primêre Skool Parys is ons Grondslagfase onderwysers soos ‘n tweede ouerfiguur vir elke leerder. Ons verstaan dat kinders die beste leer deur aktief betrokke te wees, daarom plaas ons groot klem op die praktiese aanleer van vaardighede.
Elke graad in die Grondslagfase vorm ‘n essensiële bousteen vir toekomstige akademiese sukses. Hierdie boustene werk saam om ‘n sterk en stewige fondasie te skep waarop leerders kan voortbou gedurende hul hele skoolloopbaan en verde
INTERMEDIÊRE EN SENIOR FASE
By Primêre Skool Parys word kreatiewe denke bevorder, terwyl praktiese vaardighede die basis vorm vir akademiese groei en sukses.
Ons maak die oorgang tussen fases gladder deur studiemetode-kursusse aan te bied vir ons graad 4 en 7 leerders, wat hulle toerus met die nodige vaardighede vir hul toekomstige studies.
In die Intermediêre en Senior Fase fokus ons op die verdere ontwikkeling van kritiese denke, probleemoplossing, en verantwoordelike leerpraktyke. Ons leerders word aangemoedig om selfstandig te werk en saam te werk om sterk akademiese grondslae te bou.
Om te verseker dat ons akademiese standaarde altyd hoog bly, maak ons gebruik van eksterne assesserings om ons leerders se vordering te meet en verdere groei te ondersteun.