'n Welwillendheidsprogram vir die toekoms van Primêre Skool Parys
Die beheerliggaam van Primêre Skool Parys glo ‘n skool is die hartklop van die gemeenskap en speel ‘n belangrike rol in sosiale en ekonomiese ontwikkeling. In 2023 het hulle drie boorgate en waterbergingsfasiliteite geïnstalleer om betroubare watervoorsiening te verseker, ten spyte van plaaslike infrastruktuur-uitdagings. Hulle bly toegewyd aan die verbetering van veiligheid en opvoedingsgehalte.
Waarom Hernubare Energie vir Primêre Skool Parys?
Ons skool staar talle uitdagings in die gesig as gevolg van onbetroubare elektrisiteitsvoorsiening deur Eskom en die plaaslike munisipaliteit. Gereelde kragonderbrekings ontwrig ons skooldae, beskadig onderrighulpbronne en verhoog die risiko van vandalisme en diefstal. In 2024 het hierdie onderbrekings reeds massiewe finansiële verliese van oor die R1,000,000 veroorsaak. Deur sonpanele te installeer, kan ons die impak van kragonderbrekings verminder, ons skoolgronde veiliger maak, en die operasionele koste van elektrisiteit en diesel verlaag.
Ons plan vir 2024/2025
Oorkom die elektrisiteitvoorsienings probleme veroorsaak deur Eskom en die plaaslike munisipaliteit.
Ons doel is om sonpanele te installeer vir onafhanklike elektrisiteitsvoorsiening, wat:
- Onderbrekings in die onderrigprogram gedurende die skooldag sal elimineer.
- Die skade aan onderrigtoerusting en hulpbronne aansienlik sal verminder.
- 24/7 sekuriteit en beligting van die skoolgronde moontlik sal maak.
- Operasionele koste sal verminder, insluitende elektrisiteit en diesel uitgawes.
Bykomend sal dit ons toelaat om ons speelgronde en sportsgronde te verbeter en uiteindelik ‘n hokkieveld te ontwikkel.

Jou Ondersteuning Maak ‘n Verskil
Deur die Gaan Groen-inisiatief te ondersteun, help jy om ons skool se veiligheid en onderrigomgewing te verbeter. Hernubare energie sal nie net onderbrekings in die leerprogram uitskakel nie, maar dit sal ook help om ons kostes te verlaag en bydra tot die ontwikkeling van ons sport- en speelgronde. Jou ondersteuning bevorder sosiale en ekonomiese ontwikkeling in die gemeenskap, versterk plaaslike trots en verseker dat ons skool bly dien as ‘n veilige en innoverende ruimte vir toekomstige geslagte.
Borgprogramme


