WAAR IS ONS?
FIESIESE ADRES: 38 Schilbach St, Parys, 9585
TELEFOON: 056 811 3541
EPOS: admin@parysprim.co.za
WHATSAPP-GROEPE
Alle belangrike inligting van die skool word via die WhatsApp-gemeenskapsgroep gedeel. Daar is ook ‘n spesifieke WhatsApp-groep vir elke klas, waar onderwysers direk met ouers kan kommunikeer indien nodig.
Effektiewe kommunikasie is van groot belang vir Primêre Skool Parys. Hierdie gids word aan ouers beskikbaar gestel om beter kommunikasie te bevorder. Dit stel ouers in staat om die korrekte kommunikasie kanale te volg. Kommunikasie volgens die korrekte kanale en met die regte persone, spaar tyd, verminder misverstande en verlaag frustrasievlakke – aan die kant van die skool en aan die ouers se kant.
Alle e-pos adresse van personeel verskyn op ons webwerf onder “Ons Span”. (24 uur word gegun om u navraag te beantwoord)
Oueraande word kwartaalliks gehou om ouers op hoogte te hou van hul kinders se vordering en ander belangrike skoolaangeleenthede.
By Primêre Skool Parys verwelkom ons oop kommunikasie en ‘n goeie verhouding met ons ouers. Stuur gerus ’n e-pos om ’n afspraak te maak.
VOLTOOI DIE VORM HIERONDER
EN ONS SAL U TERUG SKAKEL